Sunday, June 20, 2010

DANILLE SE VERJAARSDAG

Danille het verjaar Saterdag, die 19de. `n Hele tien jaar oud!
Ons het `n regte "Tea Party" partytjie beplan, maar eers het sy
volgens tradisie saam met my en haar Pa gaan eet Vrydag.

Die partytjie was Saterdag van 11 tot 3.

Ek het die tafel mooi gedek met my Ouma en Skoonma se pastel teestelle, `n "centrepiece" van stokkielekker blomme, en pienk, pers en lig blou papier borde. (Die American way..agv `n tekort aan betaalde hulp).


           Die meisies het almal hulle mooiste rokkies aangetrek,en   Callie  (bo saam met Danille) het hulle make-up gedoen.

                                                      (verskoon maar die "fake beauty queen smile" van Danille) 

Vir snacks was daar: klein worsies in deeg toegedraai,klein pizza rolletjies, peanutbotter en konfyt broodjies in die vorm van harte,aarbeie en room, oreos, en tandestokkies met kaas en klein agurkies.(aitsa! het nie geweet ek ken nog daai woord nie, ne?)

Na ete kon elke meisie haar eie koek versier.(ja, sorry, ek het gedink en gedink, maar weet nie hoe om dit anders te verwoord nie.
Of dalk is dit net DeWet wat my mind so in die gutter het.)

Phew, ok, waar was ek? ..........O ja, toe is dit net geskenke uitdeel,
kersies uitblaas,

en swem tot 3 uur.
Wha-la! Nog `n jaar voor ek weer hoef te worry oor partytjie hou!
(Strydom gaan sy pelle na `n pizza plek toe vat met `n afslag giftcard wat ek on-line gekoop het)

No comments:

Post a Comment