Ek en Niel sien nou die aand op TV `n fliek wat in 1985 gemaak is, met die naam 2010. Heel space -erig.....Hulle het obviously daardie tyd gedink ons gaan al baie meer gevorderd wees as wat ons is.Maar, nou ja, hier is ons nou; Het die jaar 2000 oorleef, en wag nou om te sien wat in 2012 gaan gebeur....(ha, ha)
Die jaar het darem weer goed begin, omdat Suzanne en Coenie vir ons kom kuier het van WA state af oor die nuwejaar.
Lekker skaapboud in die weber.....
Strydom het met sy geld wat hy oor Kersfees gemaak het by die "Christmas tree lot" vir hom "Jumping Stilts" gekoop....
Hy spring en gaan te kere met die goed soos `n wafferse Kangaroo.... Ai, my senuwees!!!





No comments:
Post a Comment