Saturday, August 29, 2009

De Wet

De Wet bly al vir `n hele ruk lank saam met `n pel in `n woonstel hier naby.Hy het `n werk gekry by sy meisie (wat nou eks-meisie is) se ouers se pizza plek.Hy werk in die kombuis, en lewer nie pizza af nie, so hy kry so min of meer $50.00 `n aand.
Shame, hy probeer nou regtig onafhanklik wees, en haat dit om vir ons geld te vra. Ek het nou die dag vir hulle groceries gevat, en hy was baie dankbaar, vertel toe dat hy en die pel die vorige dag by `n "food-shelter" gaan kos haal het! Dis vir homeless mense wat honger is! Ek was natuurlik horrified, maar hy dink dis baie snaaks.Ook dat hulle op `n stadium hulle boude met koffie filters moes afvee, want die toilet papier was op!!!!!
Dis seker maar dinge waaroor hy nog lekker gaan lag eendag.
Dit gaan goed met sy skool, en hy kry baaaie oefening met karre werk met sy eie kar. Hy het mos die ouilke karretjie wat ons hom gekoop het, gaan ruil vir `n ander een, wat blykbaar "cooler" is, maar `n krok in my oë. Dit hou hom elke vrye oomblik besig.
Dit het my eers baie geirriteer, maar ek het besluit om met ander oë daarna te kyk.Aangesien hy nie wettiglik kan werk nie, kan hy nie werk kry as `n mechanic nie, en dus is hierdie tien teen een waardevolle ondervinding wat hy nou so op doen.
Hy probeer nou so onafhanklik wees, maar bel darem sy pa elke keer as hy iets aan die kar regkry, of nie regkry, of wil doen, of gedoen het....my ou seuntjie....
Ek sal later meer oor hom blog, wanneer hy weer `n slag hier was en ek foto`s kon neem.Al ons ou foto`s is per ongeluk uitgevee....!!!!!

Strydom





Arme Strydom moes elke oggend dwarsdeur die vakansie 7.00am by football practise wees, en dan weer vanaf 4.00nm tot na 6 nm.


OP `n stadium het hy nog stoei ook tussen -in gehad, so hy het nie veel kon rus nie.Kon nie eens saam met ons en Danie hulle Mexico toe gaan nie, want hy het `n football kamp in Payson gehad.

Hierdie is `n foto wat gister geneem is met `n vriendskaplike wedstryd by die skool.Hy is nommer 24, en lyk skoon klein teen die res!




Hy is op die oomblik gehok vir `n maand, so dis heerlik om hom by die huis te hê.Om sy verveling teen te werk, het hy besluit om sy maagspiere te oefen en te werk aan `n "six-pack".

$80 se gewigte gaan koop, en oefen nou elke aand saam met `n You Tube video.


Hierdie is sy "before" foto. ...Lyk heel mooi genoeg vir my...maar wat, die oefening kan nie skade doen nie.




Dan het hy ook besluit om homself te leer klavier speel...ook met You Tube video`s (ai, die voordele van tegnologie darem).


Binne `n dag kon hy `n baie mooi lied met albei hande speel.Dis maklik om my te beindruk, want wat weet ek nou van musiek, maar selfs Niel was beindruk.Ken natuurlik glad nie note nie, en die klavier moet gestem word, maar, nou ja.
Sien hoekom ek sê ek is mal daaroor as my kinders geground is?



Friday, August 28, 2009

Nuwe Skooljaar




Wel, na `n heerlike drie maande van laat slaap (ha, ha ) en niks doen (ha, ha, ha, ha), kuier saam met ou vriende (Danie en Elsa hulle) is dit alweer tyd vir `n nuwe skooljaar.


Ons het na ons twee pediaters, en verkeie skole besoek het, besluit dat dit beter sal wees as ek Danille weer hierdie jaar homeschool.Sy het soveel verbeter in die een jaar by die huis, dat ons dink dit die beste sal wees vir haar.




Ons is nou deel van `n homeschool groep met baie dogtertjies van haar ouderdom, en ons doen nogal baie dinge saam met hulle.

Vrydae is Park Days, waar ons vir `n paar ure almal na `n nabye park gaan en die kinders kan speel.

Donderdae is daar `n co-op class waar kinders van dieselfde ouderdomme science eksperimente doen, en dan het sy ook nog Girl Scouts eenmaal `n week en swimteam viermaal `n week vir `n uur. O ja! En ook ballet elke Woensdag- middag.
So, sy is defnitief nie geisoleer nie!!!