Monday, November 22, 2010

24 uur Kamp......die beste soort.

Alternatiewe titel:   " Hoe om 5 keer `n nag te pomp"

Ons het gaan kamp Saterdag. Nogal my idee gewees...die dat dit toe reen die nag. Ons kry presies twee dae reen uit die 365 in die jaar, en die een dag in twee jaar wat ek gaan kamp, sal dit een van hulle wees.
Maar dit was eintlik nie te erg nie. Het eintlik eers regtig gereen toe ons daar wegry.





Anyway, vir die wat nie dadelik afgescroll het om oor die pompery te lees nie..dit was natuurlik ons matras wat aanmekaar afgeblaas het. Niel moes letterlik vyfmaal gedurende die nag opstaan en die simpel ding opblaas.



Voor bedtyd was dit egter heerlik. Dis sommer hier naby ons, teen die White Tank Mountains, so 20 minute van die huis af. Wat `n baie goeie ding is, want ek moes natuurlik weer nog `n trippie huistoe maak om Danille se tas met klere te gaan haal. En my sokkies. En die kaarte. En toe vergeet ek in elk geval die melk vir die pap in die oggend...





Strydom se meisie, Sydney, was saam.  DeWet moes werk en het dus tuis gebly. Nie dat ek dink hy gevrek het van die lus om te gaan nie....hy vermy mos maar familie trips sover hy kan.

Amey, Jim en hulle kinders het saam kom braai die aand, en ons het sommer net lekker gekuier, S'mores gebraai, en hulle aan skaaptjops voorgestel . Dit het nie baie goed afgegaan nie...letterlik en figuurlik.
Gelukkig het hulle vir hulself hotdogs gebring, sodat hulle het darem nie honger gely het nie. Bid jou dit aan!






Danille het dit duidelik baie geniet..... 




En vir die wat wonder...ja, ek en Niel het ons pajamas aangehad. Dit was lekker sag en warm, en hoekom nie?  (Ons was toe nog onder die indruk dat ons gaan slaap die nag..)


Vroegoggend...





Koffie en bagels met cream cheese vir ontbyt. Helaas....ons kon nie onaangetas deur die American Way bly nie. Plus die melk vir die cereal het op die tafel by die huis agter gebly. Nie dat dit meer patrioties sou wees nie, maar nou ja. Ons ver-amerikaansde (ja, ek is seker dis `n woord) gestelle het nog hard gewerk om die vette skaaptjops te verteer.





2 comments:

  1. Dit lyk lekker! Wat pla hulle omtrent die skaaptjops? ...dink dis tyd om die Laubschers weer 'n bietjie Fonteinshoek skaaptjops te voer!!! ;)

    ReplyDelete
  2. Belinda, hulle se dis te vetterig...en dit het mos maar `n anderste smaak as ander vleis. As mens dit so min eet soos ons, kom jy dit agter. Maar dit bly heerlik! Ja, bere daai tjoppies vir ons!

    ReplyDelete