Tuesday, September 29, 2009

DANCING QUEEN

Danille neem mos nou ballet, of eintlik meer modern ballet.Nie die formele ding waar sy eksamens moet doen, ens nie. Sommer net lekker informeel, waar hulle werk aan `n konsertjie wat hulle by die ouetehuis gaan opvoer. Ooee! Ek gaan my pap lag! Hoop ons kan video maak.


Sunday, September 27, 2009

Gone Fishing.....

  Niel en Jim het gaan diepsee visvang vanaf San Diego....                                     


Hulle het twee nagte op die boot geslaap
en hoofsaaklik Tuna en Mahi Mahi gevang.




Sunday, September 13, 2009

Danille se Homeschool Groep se aktiwiteite

Danille se homeschool group het vir die maand van Sepember elke Vrydag `n "Park Day" by `n naby geleë park, wat ook water speletjies het.
Hierdie foto`s is verlede Vrydag daar geneem, ons eerste Park Day saam met die groep. Sy het heel vinnig maats gemaak en aangepas.
Donderdag het ons `n fieldtrip gehad na die Hall of Flames, wat `n museum is van die brandweer.Hulle kon brandweerman klere aantrek, op een van die brandweer waens speel, en ook na die tyd met die brandweer slang spuit.

De Wet en sy &*^##** kar !

Het ek al gekla oor De Wet wat sy mooi ou karretjie wat ons vir hom gekoop het geruil het vir
hierdie stuk scrap? Ek is seker ek het al....
Die kar is nou veronderstel om "cooler" te wees, en `n vinniger enjin, ens ens, maar die arme De Wet werk nog net nonstop aan die ding vandat hy hom het. Elke dag is daar iets anders wat verkeerd gaan.Maar, soos wat ek en Niel dit sien, kan hy nou goeie praktiese ondervinding opdoen.
Die nuutste is dat hy nou die dag die exaust moes laat sweis, of `n bracket aan die exaust of iets, en toe slaan die kar binnekant aan die brand! Ag shame. Die matte, en die seats het uitgebrand.Hy kon darem seats kry by `n pel, en sal seker op `n stadium iets doen aan matte, maar dis nou hoe dit nou lyk.
Hy is nie vreeslik gepla nie, solank die kar lekker ry en cool klink, is hy happy.
Niel was vandag na kerk
 saam met hom na `n "drifting event". Dis nou waar
 karre jaag en gly, is wat ek kan aflei. Maar Niel was
dankbaar om tyd saam met sy oudste te kon spandeer,
 en het maar die hitte en stof getrotseer.
                                  

Gaan die somer nooit end kry nie!






 
Ons is darem nou al deeglik
gatvol vir die warm weer en "monsoons". Lg. word vreeslik oor gewaarsku op TV en radio nood berigte, maar ons sien hier in die West Valley baie min reën en baie wind en stof storms.

Die temperature is darem al
 bietjie
laer, so 103 F meestal.
Hopelik sal dit begin beter raak na Oktober se kant toe.