Sunday, September 13, 2009

De Wet en sy &*^##** kar !

Het ek al gekla oor De Wet wat sy mooi ou karretjie wat ons vir hom gekoop het geruil het vir
hierdie stuk scrap? Ek is seker ek het al....
Die kar is nou veronderstel om "cooler" te wees, en `n vinniger enjin, ens ens, maar die arme De Wet werk nog net nonstop aan die ding vandat hy hom het. Elke dag is daar iets anders wat verkeerd gaan.Maar, soos wat ek en Niel dit sien, kan hy nou goeie praktiese ondervinding opdoen.
Die nuutste is dat hy nou die dag die exaust moes laat sweis, of `n bracket aan die exaust of iets, en toe slaan die kar binnekant aan die brand! Ag shame. Die matte, en die seats het uitgebrand.Hy kon darem seats kry by `n pel, en sal seker op `n stadium iets doen aan matte, maar dis nou hoe dit nou lyk.
Hy is nie vreeslik gepla nie, solank die kar lekker ry en cool klink, is hy happy.
Niel was vandag na kerk
 saam met hom na `n "drifting event". Dis nou waar
 karre jaag en gly, is wat ek kan aflei. Maar Niel was
dankbaar om tyd saam met sy oudste te kon spandeer,
 en het maar die hitte en stof getrotseer.
                                  

No comments:

Post a Comment