Friday, December 31, 2010

Desember 2010


Desember was weereens`n besige maand. Hier is `n paar goed wat ons gedoen het..

Danille se homeschool groep het elke jaar `n Gingerbread House Decorating Dag in die park....




Ek en Amey het `n Crafting for Christmas dag by my huis gehou, waar Danille en Amey se drie kinders geskenke gemaak het, en koekies versier het vir Kersfees.


Alles het nie altyd volgens plan geloop nie....


Niel en Jim het hulleself maar buite "besig gehou"

Danille was `n skaapwagter in die jaar se Kersfees Parade. (let op die denkbeeldige herderstaf)


Vroeer die maand was Danille saam met die kinders in haar Enrichment Program (die skool in Mesa waarheen sy elke Woensdag gaan), na `n opvoering: Junie B. Jones: Jingle Bells, Batman Smells. Dis een van `n reeks boeke wat sy lees oor `n graad een dogtertjie, genaamd Junie B. Jones.Ek dink ek het dit meer as al die kinders geniet...dit was vrek oulik en snaaks.


Ons moes pelle van ons se baba seuntjie oppas een aand, en Strydom het bietjie sy babysitting skills geoefen.

En dis wat De Wet mee besig was: (some things never change)..............




Monday, December 27, 2010

Kersfees 2010

Kersfees...nie my gunsteling tyd van die jaar die afgelope 8 jaar nie...
As dit van my afgehang het, het ek dit heeltemal geskip. Ter wille van die kinders , wend ons egter maar elke jaar steeds `n poging aan.Hierdie jaar het ons op Oukersaand gaan uiteet...iets wat ons letterlik nooit meer as `n gesin saam doen nie. Dit opsigself was klaar `n treat vir my.
( Kon nie `n beter foto van
De Wet kry nie...moes klaar hierdie een in sneak.Blykbaar is dit embarrassing as jou ma foto's van jou neem in die restaurant.....)


      
                 





We want YOU....
                 to have a very merry Christmas 

By die huis gekom, was dit tyd vir geskenke uitdeel. Eintlik maar hoofsaaklik vir Danille se onthalwe.


Danille kondig die begin van die verrigtinge aan....



en Kersvader sit reg vir aksie....
al was hy nie beindruk met sy outfit nie.


 .........Nog `n tuisgemaakte creation deur Danille



                                                 `n Nintendo DS Game!!!



               Die hoogtepunt van die aand......die X Box 360 Kinect...


                                         
                                                   KOES,  NIEL!!!

Shadow kon nie besluit of dit speeltyd is, en of hy moet worry  nie....

                Hoe later, hoe kwater....die klere begin waai...



Dit was op die ou end `n heerlike gesins aand.








Kersdag self het Johan en Heleen (van ons SA vriende hier) saam kom eet, asook een van De Wet se pelle, Grant.





Lekker ribeye roast, gestop met knoffel, en heel op die kole gebraai....



En daar het ons nog `n Kersfees oorleef hier in die verte...phew!
Hoop julle s'n was almal vol vrede en vreugde.

Niel verjaar!


Die gebruiklike ontbyt in die bed....
Niel is besig om Danille se handgemaakte geskenk oop te maak.


Ek moes net De Wet uitwys, want hy wou nie he ek moes foto's van hom neem nie, en nou nou dink julle ons "party" sonder hom.


Almal lyk maar bra vaak....dit was bietjie vroeg so in die vakansie, maar Strydom het stoei gehad 8 .00vm en ek en Niel wou in die pad val Pearce, AZ, toe, wat 5 ure ver is.


Pottery coaster met selfportret deur Danille.Sy het vreeslik verskoning gemaak oor die swart blob , wat veronderstel is om `n knippie te wees. (die vreemde vorm en onafgewerkte randjie was bleikbaar nie `n probleem nie.  lol.)


Dis net met spesiale geleenthede wat Shadow op ons bed mag kom, en hy weet so goed wanneer dit is. As daar meer as een van sy siblings op die bed is, spring hy summier ook op.



De Wet kruip weereens weg....




Ons het die aand by Sunglow Ranch , so 5 ure suid van ons af, spandeer. Dit was heerlik koud en nat, en  lekker om bietjie winter te ervaar. Veral omdat winter in Phoenix beteken jy dra steeds jou somers- klere, maar jy kry minder warm.

               Ontbyt die volgende oggend......

Sunday, December 5, 2010

Thanksgiving 2010


Thanksgiving is verby, en die Amerikaanse nasie is weer almal dik gevreet, en bankrot geshop.
Thanksgiving, vir die oningeligtes,  is `n dag waarop mens veronderstel is om vir 18 ure lank te kook, (nadat jy beplan en voorberei het die hele voorafgaande twee weke), en dan als op te eet binne 18 minute, sodat jou maag so pyn, dat die enigste ding wat jy kan doen, is om op die bank te le en football kyk.
Na `n vol dag  van eet en drink en football kyk , is jy dan veronderstel om deur die 10cm dikke koerant te blaai op soek na goeie bargains die volgende dag, wat as "Black Friday" bekend staan. So genoem, omdat dit besighede elke jaar uit die rooi terug in die swart kry, maar ek dink dis meer gepas omdat mense so gaan stamp en stoot en baklei en hulself in `n overdraft in shop, en heeltemal vergeet dat meeste van hulle kerkmense is..

Nodeloos om te se, is dit nie my manier van doen nie...die 18 ure kook en weke beplan nie, bedoel ek nou.Ek dink nie dis `n geheim dat daar geen twyfel is dat ek nie Martha Stewart se lank verlore kind is nie.
Die "domestic diva" gene is afwesig by my...

Na die eerste jaar waarin ons en `n paar ander SA vriende die Thanksgiving ding probeer copy het, het ek besluit dis heeltemal te veel werk. Ons het dus begin om sommer net lekker te braai en soos gewoonlik te kuier...die Suid Afrikaanse manier. (Braai, eet en drink en middag slapie.)

As ons egter genooi word deur Amerikaners wat die werk namens ons wil doen, is ons natuurlik  nie ongenee nie.
Hierdie jaar het my vriendin, Amey, se ma ons genooi. Dit was nie heeltemal traditioneel nie, want haar man is van Guam, en hy het lekker spicy geregte van sy land ook gemaak. Dit was dus `n modge podge van nasies en geregte, baie nader aan die oorspronklike rede vir Thanksgiving.







Maggie en Tony, die gasheer en _vrou.

Callie, Jim en Amey 

Natuurlik moes ons weer marshmellows braai..Emma, Conner en Danille 





Ons het ook nie eens probeer om hierdie jaar enige bargain shopping te gaan doen nie, want Niel  voel dat iets net `n bargain is as jy dit nodig het.
Waar kom die man aan sy idees???