Sunday, December 5, 2010

Thanksgiving 2010


Thanksgiving is verby, en die Amerikaanse nasie is weer almal dik gevreet, en bankrot geshop.
Thanksgiving, vir die oningeligtes,  is `n dag waarop mens veronderstel is om vir 18 ure lank te kook, (nadat jy beplan en voorberei het die hele voorafgaande twee weke), en dan als op te eet binne 18 minute, sodat jou maag so pyn, dat die enigste ding wat jy kan doen, is om op die bank te le en football kyk.
Na `n vol dag  van eet en drink en football kyk , is jy dan veronderstel om deur die 10cm dikke koerant te blaai op soek na goeie bargains die volgende dag, wat as "Black Friday" bekend staan. So genoem, omdat dit besighede elke jaar uit die rooi terug in die swart kry, maar ek dink dis meer gepas omdat mense so gaan stamp en stoot en baklei en hulself in `n overdraft in shop, en heeltemal vergeet dat meeste van hulle kerkmense is..

Nodeloos om te se, is dit nie my manier van doen nie...die 18 ure kook en weke beplan nie, bedoel ek nou.Ek dink nie dis `n geheim dat daar geen twyfel is dat ek nie Martha Stewart se lank verlore kind is nie.
Die "domestic diva" gene is afwesig by my...

Na die eerste jaar waarin ons en `n paar ander SA vriende die Thanksgiving ding probeer copy het, het ek besluit dis heeltemal te veel werk. Ons het dus begin om sommer net lekker te braai en soos gewoonlik te kuier...die Suid Afrikaanse manier. (Braai, eet en drink en middag slapie.)

As ons egter genooi word deur Amerikaners wat die werk namens ons wil doen, is ons natuurlik  nie ongenee nie.
Hierdie jaar het my vriendin, Amey, se ma ons genooi. Dit was nie heeltemal traditioneel nie, want haar man is van Guam, en hy het lekker spicy geregte van sy land ook gemaak. Dit was dus `n modge podge van nasies en geregte, baie nader aan die oorspronklike rede vir Thanksgiving.







Maggie en Tony, die gasheer en _vrou.

Callie, Jim en Amey 

Natuurlik moes ons weer marshmellows braai..Emma, Conner en Danille 





Ons het ook nie eens probeer om hierdie jaar enige bargain shopping te gaan doen nie, want Niel  voel dat iets net `n bargain is as jy dit nodig het.
Waar kom die man aan sy idees???

No comments:

Post a Comment