Sunday, November 22, 2009

Homeschool

Wie het gesê homeschool is boring? Donderdag was ek heeldag weg na `n "craft-day" waar ons geskenke gemaak het vir Kersfees(dalk blog ek nog daaroor). Niel verseker my toe hy sal die homeschool op hom neem vir die dag, aangesien hy af was.

Hy gaan koop toe `n boek oor Kaktusse by Barnes and Nobles, en hy en Danille sit af woestyn toe vir `n "hands-on" les oor die verskillende soorte kaktusse, ens.

Natuurlik was daar ook verversings in die vorm van biltong en piesangs...wat `n kombinasie!Aan die einde van die dag het Pa en dogter `n lekker "bonding experience" gehad, Danille het iets geleer van plante (hoop ek) en ek het `n paar droeë takke en klippe as soeveniër gekry..

November maand se field trip saam met die homeschool groep was `n besoek aan die plaaslike TV stasie se studio...
en daarna `n besoek aan die "National Guard" waar hulle `n Black Hawk helicopter van naby af kon sien, en ook kon leer oor solar energie en recycling.

    Die foto links is die einde van ons reeks oor die human body.

Wednesday, November 18, 2009

Naweek by die Huis



Ek is bly om te kan sê dat De Wet al hoe meer huis toe kom en sommer net kom kuier wanneer hy af is. Bring gereeld sy pelle en kom braai saam met ons. Dit doen my hart goed om te sien dat hy dit geniet om hier te kuier.Het tot nou die dag vir my gebel net om te sê hy is lief vir ons en mis ons, en waardeer ons.Ek het amper van my stoel af geval...en  enige een wat De Wet so bietjie ken, sal weet dat dit `n big deal is ...


Ek kom nou die dag in my kamer, en hier lê drie yslike lummels op my bed en kyk na iets op my piepklein rekenaartjie! Het so snaaks gelyk, ek moes `n foto neem.

Danille en haar maatjie Vivian, besig om blom knippies te maak op `n Vrydag-aand.

Hier is die "finished product"


Strydom en sy pelle besig om X box te speel in die bonus room.

Danille en haar maatjies hou daarvan om in die tent te slaap as hulle oorslaap. Danille is stelselmatig besig om haar hele aardse besittings oor te dra tent toe.Ek het `n foto van die binnekant geneem, maar dit was te donker...

Nog `n "bad day" vir Strydom

So, drie dae na Strydom sy nuwe kar gekry het, ry hy van die skool af huis toe, en `n ou wat nie in die pad kyk nie, maar besig is om te sms, ry reg van voor af in hom vas.Gelukkig het nie een van hulle baie vinnig gery nie, en Strydom het nog uitgeswaai so ver hy kon, so die skade was nie te erg nie, en die ander ou se versekering moet regmaak.Ons wag nou nog vir die kar, maar het darem `n oulike nuwe Toyota Corolla rental wat hulle gegee het om intussen mee te ry...

Tuesday, November 3, 2009

My Verjaarsdag


 My verjaarsdag was baie rustig, maar lekker. Vrydag-aand het `n paar van my Amerikaanse vriendinne vir my `n "ladies night in" gehou, en ons het sommer net lekker gekuier en geëet by Christina Scharer se huis.Sy is die een saam met my by die koek.
Ek en Amey


Die Saterdag oggend het Marita (voor) en Elrie my gevat vir brunch en pedicures.

                       Kyk net ons prettige tone! Net jammer dit raak nou winter...

Maar die heel lekkerste was Saterdag -oggend toe ek wakker word en my hele gesin is daar, tot De Wet het by die huis geslaap om my geluk te wens met my verjaarsdag.
Ek het hierdie cute klein "netbook" computer gekry, waaroor ek baie bly is. De Wet het vir die eerste maal wat ek kan onthou, regtig `n kaartjie uit sy hart uit geskryf, en dit het amper meer beteken as enige geskenk. Danille het vir my `n kaartjie gemaak, en haar laaste dollar van die toothfairy gegee, en Strydom het my totaal uit die veld geslaan deur met sy eie geld vir my `n gift voucher te koop vir `n massage! Dit beteken soveel, vir twee redes: Eerstens omdat hy van sy skool lunch money moes gebruik om dit te koop, en tweedens omdat hy nou al weke lank dreig om vir homself te betaal vir `n massage....ek en hy is albei mal oor sulke goed, die dat ek elke aand met bedtyd nog moet by hom lê en sy rug kielie....
So, als in ag geneem, was dit een van die lekkerste verjaarsdae ooit.


O Ja....Niel het gewerk tot sewe uur en dan sou ons gaan uiteet, want al die kinders het uitgeslaap.Ek besluit toe om hom eerder te verras met snacks, bier , en die Curriecup! Dit was heerlik rustig so by kerslig, want ons moes dit donker hou, anders lui die halloween trick or treaters aanmekaar die deurklokkie vir candy!

Sunday, November 1, 2009

Strydom se Nuwe Kar

Ons het toe uiteindelik vir Strydom `n karretjie gekry. Ek weet ons het gesê nie voor hy 17 is nie, maar ek kon net nie meer byhou met die op en af jagery tussen sy skool en sport en Danille s`n nie. Dis `n Toyota Celica 1991 model, maar baie mooi opgepas, soos julle kan sien.Is automaties, wat jammer is, hy wou `n handrat hê, maar as mens tweede hands koop moet jy maar `n goeie deal vat as hy verby kom.






Ek en Niel het verlede Sondag gery en gaan kyk na die kar, in Maricopa, `n dorpie so uur se ry van ons af.Ons wou dit `n verrassing hou, want dit  is after all sy Kersfees en verjaarsdag geskenk in een.
Woensdag het Niel en sy pel, Jim toe die kar gaan haal, en toe Strydom die middag bel en sê ons moet hom by die football kom haal, ry ons met my kar soos altyd, en op die pad terug huis toe, gee ons hom twee kaartjies: een kersfees kaartjie wat sê merry christmas from Mom and Dad, en een verjaarsdag kaartjie wat dieselfde sê. Toe het hy obviously begin lont ruik.




Hy was nog besig om die een kaartjie te lees, toe ons in die drive way intrek, en daar staan sy kar toe. Al wat hy kon sê was: "Wow!"



Ek dink hy is happy. Ouboet het dadelik gekom om te kom opinie lewer, en het natuurlik `n paar punte gesien wat hy kan fix, so die sal hy nou vlg week kom doen terwyl Strydom in die skool is.



Ons Trip na Washington

(op die vliegtuig geneem van verveeldheid..)

Ons lang naweek na Coenie en Suzanne was baie lekker.Was baie mooi weer vir daai tyd van die jaar...heck, eintlik vir enige tyd van die jaar! Ek dink nie ons het ooit so baie dae agter mekaar sonskyn gesien terwyl ons daar gebly het nie!
Danille kon weer haar ou maatjie wat drie huise van ons af gebly het, Olivia, sien, en het een aand daar geslaap.


Hier eet ons op die hawe net na ons geland het....regte vis en chips.




Tuesday, October 6, 2009

A Day in the Life of......



Danille...... het `n bord met "chores" op wat sy elke oggend en middag moet doen. As sy een chore klaarhet, haal sy die kaartjie van die "to Do" hakie af en skuif dit na die "Done" hakie.Sy moet soggens as sy wakker word, bv haar bed opmaak, wasgoed wegpak, badkamer counter afvee en spieël skoonmaak, ontbyt eet, skottelgoed uitpak, haar desk afvee, en die hond borsel.
In die middag is dit maar net pos uithaal en kyk of die hond kos en water het. Kry nou die dag hierdie briefie op die kombuistafel toe ek haar soek....Strydom lag lekker, en sê: "She`s only getting the mail, but she writes you a Hallmark card"


Thursday, October 1, 2009

Chilli Bites

Somer se ergste hitte is agter die rug, en ....jippee! ons kan weer chilli bites en biltong maak. Nog nie in die kas in die garage nie, dis nog effe warm daarvoor, maar sommer op die eetkamer tafel , voor die waaier.Dis ideaal vir chilli bites, en binne twee dae het ons lekker Suid Afrikaanse "pop-corn"....(ek noem dit so, want mens kan nie ophou eet nie, nes met pop-corn). Niel het al twee batches gemaak, en ons moet dit nou begin vacuumpack, om te verhoed dat ons dit net so vinnig weer opvreet.



So, die chilli bite spices wat ek van SA af gebring het, is amper op. Het iemand dalk `n resep vir ons?

Strydom se "Bad Day"

Gister het Strydom se skool `n "Super Hero Day" gehad, en almal wat wou, kon soos een of ander super hero aantrek.
Hy besluit toe om sommer laf te wees, en Danille se Wonder Woman outfit van laasjaar se Halloween aan te trek.Hier is die resultaat.....
Ongelukkig kom hy toe in die moeilikheid in Wiskunde klas, omdat hy sy selfoon as `n calculator gebruik het, en nie sy regte calculator nie, en eindig toe heeldag in detensie op....Die idee van Wonder Woman daar in detensie het my laat lekker lag...
Sy football coach hoor toe ook nog dat hy detensie gekry het, en straf hom nog verder....moes `n hele klomp sprints ekstra doen, die onderwyser gaan om verskoning vra, en die vlg oggend `n halfuur vroeër ingaan skool toe en die wiskunde klas gaan skoonmaak.





Bg foto`s is van sy laaste game.

Tuesday, September 29, 2009

DANCING QUEEN

Danille neem mos nou ballet, of eintlik meer modern ballet.Nie die formele ding waar sy eksamens moet doen, ens nie. Sommer net lekker informeel, waar hulle werk aan `n konsertjie wat hulle by die ouetehuis gaan opvoer. Ooee! Ek gaan my pap lag! Hoop ons kan video maak.