My verjaarsdag was baie rustig, maar lekker. Vrydag-aand het `n paar van my Amerikaanse vriendinne vir my `n "ladies night in" gehou, en ons het sommer net lekker gekuier en geëet by Christina Scharer se huis.Sy is die een saam met my by die koek.
Ek en Amey
Die Saterdag oggend het Marita (voor) en Elrie my gevat vir brunch en pedicures.
Kyk net ons prettige tone! Net jammer dit raak nou winter...
Maar die heel lekkerste was Saterdag -oggend toe ek wakker word en my hele gesin is daar, tot De Wet het by die huis geslaap om my geluk te wens met my verjaarsdag.Ek het hierdie cute klein "netbook" computer gekry, waaroor ek baie bly is. De Wet het vir die eerste maal wat ek kan onthou, regtig `n kaartjie uit sy hart uit geskryf, en dit het amper meer beteken as enige geskenk. Danille het vir my `n kaartjie gemaak, en haar laaste dollar van die toothfairy gegee, en Strydom het my totaal uit die veld geslaan deur met sy eie geld vir my `n gift voucher te koop vir `n massage! Dit beteken soveel, vir twee redes: Eerstens omdat hy van sy skool lunch money moes gebruik om dit te koop, en tweedens omdat hy nou al weke lank dreig om vir homself te betaal vir `n massage....ek en hy is albei mal oor sulke goed, die dat ek elke aand met bedtyd nog moet by hom lê en sy rug kielie....
So, als in ag geneem, was dit een van die lekkerste verjaarsdae ooit.
O Ja....Niel het gewerk tot sewe uur en dan sou ons gaan uiteet, want al die kinders het uitgeslaap.Ek besluit toe om hom eerder te verras met snacks, bier , en die Curriecup! Dit was heerlik rustig so by kerslig, want ons moes dit donker hou, anders lui die halloween trick or treaters aanmekaar die deurklokkie vir candy!





No comments:
Post a Comment