Ons het toe uiteindelik vir Strydom `n karretjie gekry. Ek weet ons het gesê nie voor hy 17 is nie, maar ek kon net nie meer byhou met die op en af jagery tussen sy skool en sport en Danille s`n nie. Dis `n Toyota Celica 1991 model, maar baie mooi opgepas, soos julle kan sien.Is automaties, wat jammer is, hy wou `n handrat hê, maar as mens tweede hands koop moet jy maar `n goeie deal vat as hy verby kom.
Ek en Niel het verlede Sondag gery en gaan kyk na die kar, in Maricopa, `n dorpie so uur se ry van ons af.Ons wou dit `n verrassing hou, want dit is after all sy Kersfees en verjaarsdag geskenk in een.
Woensdag het Niel en sy pel, Jim toe die kar gaan haal, en toe Strydom die middag bel en sê ons moet hom by die football kom haal, ry ons met my kar soos altyd, en op die pad terug huis toe, gee ons hom twee kaartjies: een kersfees kaartjie wat sê merry christmas from Mom and Dad, en een verjaarsdag kaartjie wat dieselfde sê. Toe het hy obviously begin lont ruik.
Hy was nog besig om die een kaartjie te lees, toe ons in die drive way intrek, en daar staan sy kar toe. Al wat hy kon sê was: "Wow!"
Ek dink hy is happy. Ouboet het dadelik gekom om te kom opinie lewer, en het natuurlik `n paar punte gesien wat hy kan fix, so die sal hy nou vlg week kom doen terwyl Strydom in die skool is.




No comments:
Post a Comment