Friday, May 11, 2012

Strydom se Prom



sub-titel:    Die Tuxedo en You Tube

So stel nie een van my seuns mos belang in danse en dinge nie. Aard na hulle pa. De Wet was nie by een prom of ander dans van sy skool nie, en toe dit tyd raak vir Strydom om te begin gaan, moes ek tot my ontnugtering ook hoor : "Ek dans nie". Dit van die nefie wat sy niggies and ander neefs so lekker vermaak het in 2005 met al sy dans "moves"!
Die een na die ander "Homecoming Dances" kom en gaan, en Strydom en Sydney woon niks by nie.
Hulle is ook nie van plan om Senior Prom toe te gaan nie, reken hulle my, want dit kos te veel geld.
Die kaartjies is $50 per persoon, en dan is dit nog Tuxedo huur, en uiteet, voor die tyd.. (ja, hulle kry nie `n ete by die dans nie!), en baie kinders huur `n Limo teen `n aardige bedraggie van $600 vir die aand..!

Ek het dus nie weer daaraan gedink nie, tot Strydom drie weke voor die Prom my meedeel dat Sydney nou besluit het hulle moet wel Prom toe gaan, en kan ons asb vir hom `n Tuxedo gaan soek?

 Meeste kinders huur sommer hulle s’n, maar dit werk ook hier by die $200 uit, en dan gee jy nog die ding terug! Ek vat hom toe na “My Sister’s Closet”, wat `n tweedehandse klerewinkel Down Town is. Hulle koop jou klere by jou, maar koop net "name-brands" en goed wat nog nuut lyk. En dan verkoop hulle dit natuurlik weer. Dis `n goeie manier om "name-brands"  te dra sonder die hengse prys.
Ons kry toe `n paar pakke, en hy pas aan, neem foto, sms dit vir Sydney, kry “verdict” en pas weer verder aan. Na `n half uur se aanpas, waarin ek toe ook sommer begin “shop”, en `n lieflike paar bruin boots ( wat nog nooit gedra is nie) kry vir spotgoedkoop,  is ons toe tevrede, en kry hemp, en pak klere vir $68.
(Indien julle wonder oor al die lawwe foto's...dis net om te illustreer hoe moeilik dit is om `n ernstige foto van die kind te neem, waar hy nie gek skeer nie)



Die dag voor die prom pas Strydom toe weer als aan, en besluit toe die pak is te groot. Hy sien op prentjies `n pak moet eintlik so en so sit, en die een is myle te groot. Wel, ek moes saamstem. Die baadjie was heeltemal te groot. Weet nie wat de hel het hy gedink toe hy aangepas het nie. Hy se hy dog dis net belangrik dat die skouers reg sit. Ongelukkig kan mens  nie goed terug vat na hierdie tipe winkels nie, so wat nou gemaak?
Strydom reken my hy het gedink ek kan dit vir hom net so bietjie “invat”.


Nou, ek moet se...alhoewel ek gevlei voel dat die kind soveel vertroue in sy ma se vermoeens het, was ek nog nooit `n “naaister” nie, en het ek seker nog nooit iets moes stik sonder om die woorde: “ek haat naaldwerk” te uiter nie. En , nou ja, `n  baadjie het voering en al daai goed! Ek probeer toe desperaat rondsoek vir `n vriendin wat kan naaldwerk doen, maar moes helaas besef dat ek nie baie “vaardige” pelle het nie.
Ek bel naaldwerk plekke, maar niemand kan dit op so kort kennisgewing doen nie.

Op die ou end besluit ek en Niel toe om terug te val op ons nuwe reel: "When in doubt, watch You Tube".
Ek meen...as  ons kon leer hoe om `n hond se "anal glands" skoon te maak, (moenie lag nie, dis waar) en, vroeer die maand hoe om teels in `n slaapkamer te le,
 is dit seker nie vergesog om te dink dat ons `n baadjie kan kleiner maak ook met die hulp van You Tube nie!



 Wat ons toe ook doen.....
Nie te sleg gegaan nie. Met Niel se hulp en supervisie, het dit eintlik heel goed uitgedraai. Die baadjie het heelwat beter gepas, en dit sonder die gebruik van duct tape of "stapels", of oormatige gebruik van kragwoorde!


Net jammer dat , toe hy begin regmaak vir die Prom, ek toe sien dat sy broek ook myle te groot was! Die moes ons toe maar kroek met `n belt wat te styf getrek word. Ag foeitog, arme kinders met hulle “frugal” ma...


Die prom was toe blykbaar baie lekker. Die skool het die hele Phoenix Science Museum vir die aand gehuur, en die kinders kon met als speel en eksperimenteer, ens. Daar is allerhande interessante games en dinge wat mens kan speel.
En dan was daar natuurlik die dans...en, ja, Strydom het toe gedans!


So, wat's volgende met die hulp van You Tube? `n Hartoorplanting? Miskien sal ek net eers met `n blindederm begin....

Monday, January 9, 2012

December 2011

I am so far behind on blogging, that I'm not even going to try and catch up. We'll just start with all the happenings in December (or most of them) and go from there.
Niel's birthday was a quiet affair with just me and him going to a new restaurant at the Wild Life Zoo close by us. Half of the room is taken up by a giant fish, or rather shark tank, and we were so lucky to be seated right next to the tank!

The food was awesome, too, and we couldn't even finish half of what was on our plates..
Strydom was very happy about this, since he was the recipient of the "doggy bag".
Those ribs were HUGE!!!

This year we celebrated Christmas a little differently ..
Instead of exchanging gifts on Christmas Eve, like we have been doing for 20 something years or so, we got up (were forced to get up, by Danille) early Christmas morning, had breakfast, and opened gifts.
We agreed that everyone should buy each member of the family a gift, of no more than $5.00 each. This way it wasn't just Niel and I who bought gifts, and the kids learned how to budget their money, and think of giving , and not just receiving. It was a lot of fun, and done mostly for Danille's benefit. She is still so excited about the gifts under the Christmas tree, and the whole ceremony of it all.
Strydom took the "frugal gift" idea to the maximum, and got us all stuff...really practical stuff, from the dollar store. LOL.
Niel got a can of sardines, and a tongue-scraper, and De Wet got a coffee mug and cotton buds to clean his ears with!
We did make an exception with Danille's gift, which was an Amercan Girl doll, and 20x more than the allowed amount, because, well, she is the youngest and the boys both still received bigger gifts up until last Christmas.


Every year, Danille gives Shadow one of her old soft toys, since he "loves" them so much.
He now has an almost bigger selection than she does!
This year, she wasn't ready to part with any of her current soft toys, so Shadow just got a card from her... ;-)
Chinese crap Dollar Store toys for Danille from Strydom. De Wet She loved it!
Even Shadow got to try the glasses..
Half way through the mornig, Danille started feeling bad about not giving Shadow a gift, and decided to give up the little brown monkey in the pic above..
Shadow is not overly impressed. Too little, too late? ...
We had a very leisurely rest of the day. ..Sunshine, beer, wine,  a leg of lamb on the grill, and each other's company...Perfect!



 Well, almost perfect...
A South-African Christmas with all of our family would have been perfect.)