sub-titel: Die Tuxedo en You Tube
So stel nie een van my seuns mos belang in danse en dinge nie. Aard na hulle pa. De Wet was nie by een prom of ander dans van sy skool nie, en toe dit tyd raak vir Strydom om te begin gaan, moes ek tot my ontnugtering ook hoor : "Ek dans nie". Dit van die nefie wat sy niggies and ander neefs so lekker vermaak het in 2005 met al sy dans "moves"!
Die een na die ander "Homecoming Dances" kom en gaan, en Strydom en Sydney woon niks by nie.
Hulle is ook nie van plan om Senior Prom toe te gaan nie, reken hulle my, want dit kos te veel geld.
Die kaartjies is $50 per persoon, en dan is dit nog Tuxedo huur, en uiteet, voor die tyd.. (ja, hulle kry nie `n ete by die dans nie!), en baie kinders huur `n Limo teen `n aardige bedraggie van $600 vir die aand..!
Ek het dus nie weer daaraan gedink nie, tot Strydom drie weke voor die Prom my meedeel dat Sydney nou besluit het hulle moet wel Prom toe gaan, en kan ons asb vir hom `n Tuxedo gaan soek?
Meeste kinders huur sommer hulle s’n, maar dit werk ook hier by die $200 uit, en dan gee jy nog die ding terug! Ek vat hom toe na “My Sister’s Closet”, wat `n tweedehandse klerewinkel Down Town is. Hulle koop jou klere by jou, maar koop net "name-brands" en goed wat nog nuut lyk. En dan verkoop hulle dit natuurlik weer. Dis `n goeie manier om "name-brands" te dra sonder die hengse prys.

Ons kry toe `n paar pakke, en hy pas aan, neem foto, sms dit vir Sydney,
kry “verdict” en pas weer verder aan. Na `n half uur se aanpas, waarin ek toe
ook sommer begin “shop”, en `n lieflike paar bruin boots ( wat nog nooit gedra is nie) kry vir spotgoedkoop, is ons toe tevrede, en kry hemp, en pak klere vir
$68.
(Indien julle wonder oor al die lawwe foto's...dis net om te illustreer hoe moeilik dit is om `n ernstige foto van die kind te neem, waar hy nie gek skeer nie)

(Indien julle wonder oor al die lawwe foto's...dis net om te illustreer hoe moeilik dit is om `n ernstige foto van die kind te neem, waar hy nie gek skeer nie)
Die dag voor die prom pas Strydom toe weer als aan, en besluit toe die pak is
te groot. Hy sien op prentjies `n pak moet eintlik so en so sit, en die een is
myle te groot. Wel, ek moes saamstem. Die baadjie was heeltemal te groot. Weet
nie wat de hel het hy gedink toe hy aangepas het nie. Hy se hy dog dis net
belangrik dat die skouers reg sit. Ongelukkig kan mens nie goed terug vat na hierdie
tipe winkels nie, so wat nou gemaak?
Strydom reken my hy het gedink ek kan dit vir hom net so bietjie “invat”.
Strydom reken my hy het gedink ek kan dit vir hom net so bietjie “invat”.
Ek bel naaldwerk plekke, maar niemand kan dit op so kort kennisgewing doen nie.
Op die ou end besluit ek en Niel toe om terug te val op ons nuwe reel: "When in doubt, watch You Tube".Ek meen...as ons kon leer hoe om `n hond se "anal glands" skoon te maak, (moenie lag nie, dis waar) en, vroeer die maand hoe om teels in `n slaapkamer te le,
is dit seker nie vergesog om te dink dat ons `n baadjie kan kleiner maak ook met die hulp van You Tube nie!
Wat ons toe ook doen.....
Nie te sleg gegaan nie. Met Niel se hulp en supervisie, het dit eintlik heel goed uitgedraai. Die baadjie het heelwat beter gepas, en dit sonder die gebruik van duct tape of "stapels", of oormatige gebruik van kragwoorde!
Net jammer dat , toe hy begin regmaak vir die Prom, ek toe sien dat sy
broek ook myle te groot was! Die moes ons toe maar kroek met `n belt wat te
styf getrek word. Ag foeitog, arme kinders met hulle “frugal” ma...
Die prom was toe blykbaar baie lekker. Die skool het die hele Phoenix Science Museum vir die aand gehuur, en die kinders kon met als speel en eksperimenteer, ens. Daar is allerhande interessante games en dinge wat mens kan speel.
En dan was daar natuurlik die dans...en, ja, Strydom het toe gedans!

So, wat's volgende met die hulp van You Tube? `n Hartoorplanting? Miskien sal ek net eers met `n blindederm begin....
No comments:
Post a Comment