Danille...... het `n bord met "chores" op wat sy elke oggend en middag moet doen. As sy een chore klaarhet, haal sy die kaartjie van die "to Do" hakie af en skuif dit na die "Done" hakie.Sy moet soggens as sy wakker word, bv haar bed opmaak, wasgoed wegpak, badkamer counter afvee en spieël skoonmaak, ontbyt eet, skottelgoed uitpak, haar desk afvee, en die hond borsel.
In die middag is dit maar net pos uithaal en kyk of die hond kos en water het. Kry nou die dag hierdie briefie op die kombuistafel toe ek haar soek....Strydom lag lekker, en sê: "She`s only getting the mail, but she writes you a Hallmark card"







No comments:
Post a Comment