Niel is besig om Danille se handgemaakte geskenk oop te maak.
Ek moes net De Wet uitwys, want hy wou nie he ek moes foto's van hom neem nie, en nou nou dink julle ons "party" sonder hom.
Almal lyk maar bra vaak....dit was bietjie vroeg so in die vakansie, maar Strydom het stoei gehad 8 .00vm en ek en Niel wou in die pad val Pearce, AZ, toe, wat 5 ure ver is.
Pottery coaster met selfportret deur Danille.Sy het vreeslik verskoning gemaak oor die swart blob , wat veronderstel is om `n knippie te wees. (die vreemde vorm en onafgewerkte randjie was bleikbaar nie `n probleem nie. lol.)
Dis net met spesiale geleenthede wat Shadow op ons bed mag kom, en hy weet so goed wanneer dit is. As daar meer as een van sy siblings op die bed is, spring hy summier ook op.
De Wet kruip weereens weg....
Ons het die aand by Sunglow Ranch , so 5 ure suid van ons af, spandeer. Dit was heerlik koud en nat, en lekker om bietjie winter te ervaar. Veral omdat winter in Phoenix beteken jy dra steeds jou somers- klere, maar jy kry minder warm.
Ontbyt die volgende oggend......
No comments:
Post a Comment