HOND AMPER COYOTE KOS
In Goodyear, AZ vannaand, het een gesin amper sonder hul geliefkoosde troeteldier, `n Schnauzer genaamd Shadow, gaan slaap.
Was dit nie vir die flinke optrede van Shadow se eienaar, Mnr. Niel Laubscher, van 151ste Straat, Goodyear, nie, was een oulike swart hondjie nou coyote aand-ete.
Mnr. Laubscher het oudergewoonte net voor bedtyd, rondom 11 uur nm. met Shadow in die park agter die huis gaan stap.Shadow hardloop gewoonlik vooruit die donker in, maar kom altyd dadelik as sy eienaar hom roep.
Vannaand , `n rukkie nadat Shadow in die donker in verdwyn het, sien Mnr. Laubscher `n swart skaduwee uit die hoek van sy oog vinning in die rigting van die hond beweeg. Omdat hy bewus is van Coyotes wat soms in die nag in die park beweeg, het hy dadelik geroep na Shadow.
Dit is toe wat hy `n tweede Coyote aan die ander kant sien inbeweeg, en oomblikke later vir Shadow hoor tjank.
Mnr. Laubscher het, sonder om aan sy eie veiligheid te dink, onverskrokke nader gehardloop terwyl hy soveel lawaai maak as wat hy kon.Dit het die nodige uitwerking gehad, en Shadow leef om nog `n dag saam met sy dapper Oubaas te geniet.
Sover die eienaars kan sien, is Shadow ongedeerd, alhoewel hy
`n hele paar keer deur die loop van die aand genies het.
Hulle vermoed hy is allergies vir Coyotes....
Die verligte eienaar, Mnr. Niel Laubscher, was so geinspireerd deur sy heldedaad dat hy plotseling sy neon geel T hempie gaan aantrek het.
Shadow. Nie veel meer skade as `n seer ego nie.
Die gesin se vrou het hierna seker heerlik geslaap met die wete, dat Shadow veilig is en sy slaap langs 'n held! Sou koerante nie 'n plesier gewees het as daar meer sulke berigte in was nie?! (...boonop sulke spitsvondigheid en taalgebruik - ons Oos-Kaap Burger kan doen met iemand soos jy!) :)
ReplyDeleteHi, ek is seker julle is bly dat Shadow nog 'n skaduwee in jul huis kan gooi. WIe het die berig geskryf - sekerlik Niel? En dan blaas hy so sy eie beuel. Toemaar, ons sal die held vergewe. BAIE OULIK. Arita
ReplyDelete