Sunday, October 3, 2010

Besoek aan Tombstone en Tucson saam met Oupa en Ouma

Sonsondergang in Tucson. Ons het net buite die stad gebly op privaat grond. Baie mooi en rustig gewees. Ek sal nie omgee om daar te bly vir ewig nie.

 Tombstone is `n stok ou gekiedkundige dorpie, wat nog meeste van sy oorpronklike geboue het, onveranderd ook. Meeste word ook nog gebruik..behalwe vir die hof, ek dink dis nou net `n besienswaardigheid.
As julle die flieks Wyatt Earp, of Tombstone, gesien het, dit speel af in die dorpie, en is ware verhaal.
Ek het nie veel foto's geneem in Tombstone nie...dink ek het te warm gekry...
Hier eet ons middag-ete by Big Nose Kate's Saloon. Sy was `n ware karakter, `n prostituut, soos meeste vrouens in daardie tyd wat nie getrou het as hulle 15 is nie, lyk my.


Hoekom voel dit vir my of ek heelwat sulke foto's van Niel het?



Die musikant by Big Nose Kate's

 Danille probeer altyd om iemand te oortuig om saam met haar `n game te speel. Hierdie keer het sy daarin geslaag..die aand voor braaivleis.


Die volgende dag voor ons huis toe is, is ons by `n "park" in Tucson aan. Het gehoop om die Hummingbird Habitat te sien, wat toe gesluit was vir repairs...

Ons kon darem die res van die diere en dinge sien...









Verbeel ek my of lyk hierdie skilpad baie soos Danille??...    (Ha, ha)


Danille en Katelyn. Sy word baie kwaad as ons se dis `n pop...

No comments:

Post a Comment