Sunday, September 19, 2010

Augustus 2010 : Kuiergaste en Colorado

Oupa en Ouma Senekal was hier vir `n kuier Augustus en helfte van September. (Aan en af, hulle het ook toere op hul eie gedoen.)

Ons het `n roadtrip na Colorado saam met hulle gedoen, wat awesome was, want nie ek of Niel het nog daardie deel gesien nie.
Al wat sleg was vir my, was dat nie een van die kinders kon saamgaan nie. Skool het pas begin, en Danille het ook haar Woendae Enrichment Program in Mesa gehad, wat sy nie wou mis nie.


Colorado is absoluut beautiful. Ons kon net so ver as Durango gaan, maar dit laat my aan Switserland dink. So groen en heuwelryk.
Ons het in `n cute cabin op `n "lake" gebly. Eintlik is dit `n dam, soos Vaaldam, maar hulle praat van `n lake. As hulle praat van "Dam", bedoel hulle die damwal.. weird, ek weet.


Kyk net al die mooi paddastoele wat daar groei...mens verwag om enige oomblik `n feetjie te sien....


Die dorpie Silverton was my gunsteling plekkie. Ou myndorpie, met die oulikste winkeltjies, en eetplekke. Die trein stop in die middel van die dorp...


Hier is die "pienk Jeep" wat Niel insist die aanwysings gese het ons moet by afdraai........
Sien jy enige pienk? Geen wonder ons het tot na donker die aand gesoek na die plek nie..
Dit het intussen `n family inside joke geword. Niel will never be able to live that one down!

Foto  sessie met `n eekoringtjie...
Later in die vakansie was ons Tucson toe vir `n naweek. Kyk my volgende inskrywing ...

No comments:

Post a Comment