Wednesday, October 6, 2010

Imprompto Trip na Los Angeles

Hoe ouer mens word, of liewer , hoe meer verstrengel in die ouerskap, werk, en elke dag se verpligtinge, hoe minder spontaan word mens mos. Of is dit net ek? Dis net makliker om by die roetine te bly as om iets op a whim te doen, en dan te "betaal" daarvoor as jy terugkom.
Dit was my en Niel se dilemma Sondag-aand toe ons hoor Coenie en Suzanne, ons pelle van SA wat in Puyallup, WA bly, kuier vir `n paar dae in LA. Dis so 5 plus ure se ry vir ons, maar dis heelwat beter as die 27 ure se ry na Puyallup, WA!
Niel het gewerk tot 6 uur Sondag-aand, en was dan af Maandag en Dinsdag. Dus het ons twee dae gehad om tot daar te kom, te kuier, en terug te kom.
Na wik en weeg en weer wik en weer weeg, besluit ons toe 11 uur die aand ons GAAN!
Vier -uur Maandag oggend het ons die kar gelaai, vir Danille ingelaai en daar gaat ons!
Strydom en DeWet moes maar self sien kom klaar vir een aand en twee dae. Hulle is mos mooi groot.

Ons kon in dieselfde hotel inboek as Coenie hulle, en het hulle eers die oggend 8 uur, toe ons so uur van hulle af is, gebel om te se ons is oppad.

Lunch op die beachfront


Venice Beach, is baie populere strand, met `n gym op die strand, (Muscle Beach) winkeltjies, of eintlik stalletjies, en baie weirdo's en "legal, medical Maijuana".
Ons kon lekker party gehou het as ons wou.... Eish!



Dit was maar nat en reenerig, maar vir ons `n welkom breuk van die hitte van Phoenix.

Danille en Anje


Redondo Beach.....








Dinsdag-oggend het ons na Hollywood gegaan en bietjie gaan kyk na die "sterre"...


Hier is Niel by Phil Collins.Lyk hy nie gethrill nie?

 My foto posers was later nie meer lus nie, en moes omgekoop word met allerhande dinge.....
(moenie judge nie...ek was desperaat, en dit was net $1.00  se Silly Rings)















Ripley's Believe It or Not






En laastens...grafitti in `n restaurant se toilet. Het gedink dis baie snaaks, en het ook toevallig my kamera daar gehad. Get it? Crack?...as in.... butt.. .......  toemaar wat.

1 comment:

  1. Suzanne, wanneer het Danille so groot, mooi en maer geraak? Ek kan nie glo wat ek sien nie. Hoe oud is sy dan nou, want sy is sooo lank.

    ReplyDelete