De Wet bly al vir `n hele ruk lank saam met `n pel in `n woonstel hier naby.Hy het `n werk gekry by sy meisie (wat nou eks-meisie is) se ouers se pizza plek.Hy werk in die kombuis, en lewer nie pizza af nie, so hy kry so min of meer $50.00 `n aand.

Shame, hy probeer nou regtig onafhanklik wees, en haat dit om vir ons geld te vra. Ek het nou die dag vir hulle groceries gevat, en hy was baie dankbaar, vertel toe dat hy en die pel die vorige dag by `n "food-shelter" gaan kos haal het! Dis vir homeless mense wat honger is! Ek was natuurlik horrified, maar hy dink dis baie snaaks.Ook dat hulle op `n stadium hulle boude met koffie filters moes afvee, want die toilet papier was op!!!!!
Dis seker maar dinge waaroor hy nog lekker gaan lag eendag.
Dit gaan goed met sy skool, en hy kry baaaie oefening met karre werk met sy eie kar. Hy het mos die ouilke karretjie wat ons hom gekoop het, gaan ruil vir `n ander een, wat blykbaar "cooler" is, maar `n krok in my oë. Dit hou hom elke vrye oomblik besig.
Dit het my eers baie geirriteer, maar ek het besluit om met ander oë daarna te kyk.Aangesien hy nie wettiglik kan werk nie, kan hy nie werk kry as `n mechanic nie, en dus is hierdie tien teen een waardevolle ondervinding wat hy nou so op doen.
Hy probeer nou so onafhanklik wees, maar bel darem sy pa elke keer as hy iets aan die kar regkry, of nie regkry, of wil doen, of gedoen het....my ou seuntjie....
Ek sal later meer oor hom blog, wanneer hy weer `n slag hier was en ek foto`s kon neem.Al ons ou foto`s is per ongeluk uitgevee....!!!!!
No comments:
Post a Comment