Wat sal ek sê oor ons Kersfees? Dalk sê die foto`s dit goed genoeg....
Danille en Shadow was die enigstes wat presente gekry het....
Shadow het eers nie die vrede vertrou met sy geskenk nie...dis `n soft toy van Danille wat hy gedurig gesteel het, en dan in die moeilkheid gekom het. Danille het dus maar besluit, "If you can't beat them (no pun intended), join them" en draai dit toe vir hom toe vir Kersfees.
Hy het darem later besef dis nou ok om die hond rond te dra en te lek....ek dink nie hy het enige besware teen `n "regift" nie....
Oukersaand was ons maar kerk toe, saam met al die "homeless" mense. Ons kerk het `n uitreik gehad die middag vir die gemeenskap met etes en klere, en ander huishoudelike artikels, en dus het heelwat van hulle toe sommer gebly vir die diens die aand.
Aangesien ons die volgende dag vir Elrie en Mickey Gordon en hulle kinders genooi het vir `n groot etery, het ons die aand sommer pizza geëet.....sad, sooo American!
Verder het ons maar net saam uitgehang, Tv gekyk en gesels....Dalk voel iemand so jammer vir ons dat hulle vlg jaar vir ons kom kuier van SA af.. (skimp,skimp)






No comments:
Post a Comment