Een van die redes hoekom ons Phoenix as ons nuwe blyplek gekies het amper vier jaar gelede, is omdat hier geen "natural disasters" is nie...geen aardbewings, vulkaniese berge, orkane of tornado's nie.....Dis nou tot so twee weke gelede, toe ons ewe skielik noodberigte oor die TV begin kry dat daar `n tornado waarskuwing is vir Maricopa County (dis nou ons).
Nou wat weet ek nou van om voorbereid te wees vir `n tornado....ek sien altyd in die flieks hulle gaan kruip in die kelder weg, en ons huis het nie een nie.Niel werk, en dis net ek en die kinders by die huis.Die man op die TV gee raad om in `n binnevertrek sonder vensters te gaan skuiling soek...so die res van die aand sit ons toe dinge en dophou so met die een oog op die stoorkamertjie onder die trap...
Dankie tog dit was toe nie nodig nie, want ek weet nie wat sou erger gewees het nie...om in die tornado gevang te word, of om ure opgebondel te wees in `n plekkie so groot soos `n groterige kas, saam met drie siblings wat nie eens saam in `n motor kan ry sonder om te baklei nie!Die tornado het ons toe nie getref nie, maar ons het wel `n baie erge storm beleef, wat my huis in "lakefront property" verander het, tot groot vermaak van die kinders.
No comments:
Post a Comment