Sunday, March 21, 2010

CIVIL WAR RE-ENACTMENT

Ons het nou onlangs `n Civil War re-enactment
bygewoon. Ek het al baie in flieks en TV sitcoms
daarvan gehoor, maar het nie geweet die mense
doen dit regtig nie. Hierdie was maar `n baie klein,
afgeskaalde weergawe daarvan in die park. Ek het
gedink Danille sal dit baie geniet, maar toe nie....
kyk net na die uitdrukking op haar gesig.Is dit nou
`n skaap wat ter slagting gelei word, of net pure
 verveeldheid?


Hier probeer die "offisier" hulle in `n ry op aandag laat staan.
 Kyk na Emma (langs Danille met die rooi rompie aan) se
"body language"...
Die troepe loop oor van entosiasme....

Miskien sal ek maar wag totdat ons daardie deel
van die geskiedenis behandel het in skool voor
ons weer so iets probeer bywoon...

No comments:

Post a Comment