Monday, April 5, 2010

NAWEEK IN SAN JOSE, CA

Ons naweek in San Jose was baie lekker. Ons het Donderdag-aand
na Niel gewerk het, hier weggetrek, deur die nag gery , en tien ure later daar aangekom. Net mooi betyds vir ontbyt...

Saterdag het Lou en Ann ons San Francisco
toe gevat vir bietjie sightseeing. Ons het op
die Pier vis en chips gekoop, wat nou deesdae
 vir ons `n treat is, want mens kry dit
nie sommer hier te koop
nie...so lekker met asyn en al.

Uitsig oor San Francisco.....
 
Alcatraz  agter die  Golden Gate Brug             
Danille en Cooper voor die kaggel
Mens kan net nie genoeg foto`s van die brug neem nie...


Die beste was Sondag, toe ons skaap skenkels gebraai het.Dit was uit die boeke uit! (letterlik,ha, ha.) `n Baie gekompliseerde resep wat ek liewers nie met my trackrecord alleen sal aanpak nie... 

Niel het gevoel en lyk soos `n wafferse caveman...

Strydom saam met die twee Van Dyk seuns,
Roan en Quinton.
En so was `n heerlike naweek op `n einde,
en die huis weer `n tien uur rit ver...

No comments:

Post a Comment