Die saga met De Wet se karre het nog nie end gekry nie.
Op die oomblik het hy nou twee karre, `n "daily driver"
en dan sy ou swart kokkerot (my naam, defnitief nie syne nie)
wat in die garage staan en aan gewerk moet word sodat
hy kan "drift" met hom. (sien post van laas jaar oor sy kar
as jy wil weet wat drifting is).
Dan het hy onlangs hierdie ou Golfie gekoop, waarmee hy
nou elke dag ry...`n baie wyser kopie as jy my vra...
Intussen bly `n pel van De Wet, Jersey, ook by ons, en hierdie is
sy stukkende kar, bo.
Strydom se kar is nou al tweemaal reggemaak, en na sy laaste ongeluk, kon De Wet gelukkig by die scrapyard `n voorste sykant koop vir iets soos $35.00, en dit self aansit. Dis ongelukkig nie presies dieselfde skakering van rooi nie, maar dis amper.
My probleem is dat al hierdie karre in verskillende stadiums van verval, dag in en dag uit voor ons huis staan...geen wonder die bure kyk ons skeef aan nie!!!
Bumper wat nou al vir maande lank in garage is...
Van my verf projekte wat ook die res van die garage oorneem..
" We might be rednecks!!!!"
No comments:
Post a Comment