Wednesday, June 2, 2010

AWANAS GRAND PRIX!!!

Danille doen "Awanas" elke Dinsdag-aand. Dis maar
amper soos die ou Kinderkrans...klink my hulle speel
en leer Bybel versies of so iets. Vir die ouers (of party
van ons) beteken dit "Happy Hour" by die Mexikaanse
restaurant langs die kerk, of wynproe by Ground Control vir twee ure.                                     


Die afsluiting is toe `n "Grand Prix". Danille bring
die laaste week so `n hout karretjie huis toe wat sy
moet aan mekaar sit en dekoreer...verf , en so aan.
Ons los haar toe laat sy haar ding doen, en steur ons
nie te veel daaraan nie.



So is  ek en sy toe die Saterdag-oggend na die kerk
toe waar die "event"sou plaasvind.
Daar gekom, het my bek oopgeval....Hierdie mense neem
die ding baie ernstig op, en daar is karre wat lyk soos spaceships,
cokebottels, wafferse sportmotors, ens. Toe begin ek al klaar
vir Niel verwens omdat hy werk, en omdat hy nie ten minste
die kind gehelp het om die wiele ordentlik aan te sit nie!
(Wel, iemand moet die skuld kry, ok?)

Sy moet haar kar inskryf , laat weeg, en ondersoek, en dan 
word al die karre in "kwarantyn" geplaas tot die resies.
As jy dan enigsins weer raak aan jou kar, is jy summier
gediskwalifiseer... en ek dog dis kerkmense, maar toemaar.


Wel, nodeloos om te sê, het Danille se karretjie nie te sleg
teen die afdraend gevaar nie, maar verloor toe heeltemal
stoom op die gelyk pad...


Kom ons sê maar net sy was nie baie gelukkig nie.....
Maar wag maar net vir volgende jaar! Sy het nie
verniet `n broer wat aan karre werk nie....   :)

No comments:

Post a Comment