Sunday, August 15, 2010

Daar's `n slang in die...lakens!

Strydom begin toe nou die ander dag kerm oor sy eie "pet". Hy het nog nooit `n dier gehad om sy eie te noem nie. Dis nou uitgesluit die halfuur in 1999 toe hy `n kokketiel vir sy verjaarsdag gekry het...Voor Milo, die worshond, die verjaarsdag gekenk aangesien het vir die verjaarsdag versnapering.
 Arme kind was ontroosbaar.

Dit was dus te verstane dat my hart `n bietjie sag was toe hy nou die dag met die versoek van een of ander troeteldier kom.
Tot ek gehoor het hy dink aan `n SLANG!!!
Natuurlik se ek toe nee, oor my dooie liggaam ...so jammer is ek nou regtig nie oor `n kokketiel se "demise" van 11 jaar gelede nie.
Tipies soos Strydom is, los hy dit nie daar nie...hy hou aan, en aan, en aan. Kom elke keer met `n nuwe idee aan. Ek en Niel praat toe, en ek begin dink: "`n slang is in `n glaskas, hy het nie liefde en aandag nodig nie, ek hoef hom nooit te sien nie, en as Strydom moeg raak van die idee, kan hy dit soner drama weggee of verkoop."

....En dis hoe dit gekom het dat Mr Bojangles nou die nuwe inwoner in ons huis is.
Hy is `n Ball  Python, nog `n baba, en Strydom voer hom klein, gevriesde wit muisies wat hy by die petshop koop. (Net so gevries, baie netjies in `n boksie en plastiek sakkie verpak)...Ja, ek weet,  "Ick!"

Bid asb saam met my dat hy moeg raak vir die slang voor hy te groot word!!!

No comments:

Post a Comment